Elowen Hanslou word van die sluipmoordaanslag op die koning aangekla. Sy slaag daarin om uit die tronk te ontsnap, maar word agternagesit deur die man wat sy wou glo vir haar lief is. Die kroonprins is vasbeslote om haar in die hande te kry en voor die gereg te bring vir haar beweerde misdaad. Dit is egter nie ’n maklike taak nie en sy ontglip hom telkemale.
Met behulp van nuwe vriende, vlug Elowen na die Noorde en onderneem ’n gevaarlike reistog met baie struikelblokke. Nie net word sy alkante voorgelê deur die Viridiese krygsmagte wat haar wil arresteer nie, maar word ook deur bose gesante van die Donkerheer aangeval wat haar ten alle koste wil dood hê omrede sy ’n kragtige gebruiker van magika is.
In twee geskeur tussen haar hart en die soektog na haar vermiste suster, moet Elowen noodgedwonge haarself in ’n verbete kryger slyp en terselfdertyd ook ’n manier probeer vind om die sluimerende towerkragte binne haar te ontsluit.
Intussen beplan die vyand ’n dodelike veldslag waarin buitewêreldse monsters sal toeslaan en bondgenote sal sterf.
Kryger is ’n Middeleeuse fantasieroman en die tweede boek in die Valora Reeks.