top of page

Meer oor Laeticia

Laeticia Marais-Hugo is ’n Afrikaanse skrywer, digter en selfgeproklameerde boek-verslaafde. Sy wou nog altyd ’n spul stories neerpen sodat sy kan lewe gee aan die menigte karakters wat haar wilde verbeelding van kleintyd opgedis het.

Wanneer sy nie skryf nie, drink sy heeltemal te veel koffie (en wyn), lees ’n stapel fantasieboeke op ’n slag en spandeer haar dae in sprokieswêrelde saam met drake, seerowers, feetjies en towenaars. Eintlik woon sy in Langebaan saam met haar twee kinders, beautiful man en stoute Jack Russels, maar verbeel haarself gereeld dat haar huis ’n weggesteekte houthut in die middel van ’n towerbos is.

Laeticia dig ook onder die pennaam Laia Mais en haar werke kan besigtig word op haar Instagram blad @laiamaiswoorde.

IMG_20191208_4.jpg
Meer oor Skrywer: About Us
bottom of page